Vandag sit ek en wonder oor hoeveel keer ons iets doen vir ander, met die beste bedoelings, maar dis glad nie wat daardie persoon wil hê of nodig het nie.
Hoeveel keer dink ons dat ons goed doen vir iemand, maar in werklikheid het ons dade die teenoorgestelde effek? Neem ons werklik mekaar in ag, of doen ons ons "goeie dade" soos dit ons pas?
Die teenoorgestelde geld ook. Wanneer iemand vir ons iets doen, waardeer ons dit na waarde? Of is ons ongelukkig omdat hulle dit vandag doen en nie gister toe ons dit eintlik wou gehad het nie?
Soms, of dalk dikwels, het ons as mens, as selfgesentreerde mens, die vermetelheid om ondankbaar te wees wanneer iemand uit sy pad uit gaan om moeite vir ons te doen, want dit het nie by ons eie agenda vir die dag ingepas nie.
No comments:
Post a Comment